Waar jy gaan, sal ek gaan, my lief -
Dit belowe ek jou vandag,
Sonder enige ringe
Of wettige dokumente.
Daar waar jy bly, sal ek bly,
En ek sal vir ons 'n huis maak;
'n huis vol liefde, -
'n huis wat gebou is op hierdie belofte.
Dié wie jy lief het, sal ek aanneem as my eie -
En ek sal altyd probeer om jóú
bo my vrese te stel.
Ek sal met selfopoffering en nederigheid vir jou lief wees,
En jou elke dag kies -
Want waar jy gaan, sal ek gaan,
my lief.
~ Stéfni Jacobs, 2023
Seremonie - 14:30 vir 3:00pm
Onthaal en Aandete - 6:00pm
Plot 220, Bynest turnoff, Kameelfontein
Adderweg, Roodeplaat, Pretoria, 0002
Die kleredrag is semi-formeel. Gemaklike langbroeke en knopieshempde vir die mans, dasse opsioneel.
Rokke of semi-formele drag waarin jy gemaklik is vir die dames.
Indien julle lekker laat saam met ons wil kuier oorweeg asseblief akkomodasie naby die venue.
Hier is twee plekke redelik naby aan die venue. Kyk gerus wat vir julle sal werk.
6.5km weg (11 minute)
9.4km weg (17 minute)
Die grootste geskenk waarvoor ons kan vra is dat julle in hierdie dag saam met ons deel. As julle egter sou voel dat julle graag 'n geskenk wil gee, sal ons 'n geldelike bydrae tot ons wittebroodfonds waardeer.
Laat weet ons asseblief teen 20 Maart 2026